Die Prys van 'n Besige en Stresvolle Lewe.
Jou "Lewensenergie" is die heel belangrikste kommoditeit wat jy kan hê – pas dit op soos Goud!
Sonder energie kan jy niks doen nie!
Het jy al die gratis 1-Minuut Realiteitstoets gedoen – dit sal jou presies wys wat jou Energievlak, Prestasievermoë en Uitbrandingstemperatuur is.
Sonder energie kan jy nie presteer nie. Baie energie gaan verlore deur lekkasies waarvan jy dalk nie eers bewus is nie. Aanhoudende energie verliese lei eventueel tot uitbranding.
Jy sê dalk jy glo nie aan uitbranding nie. Ek ook nie - maar dit is ‘n werklikheid. Meer mense as ooit tevore brand deesdae uit as gevolg van ‘n baie besige en stresvolle lewe. Dit is dalk nie jy persoonlik wat uitbrand nie maar jy is dalk die oorsaak waarom jou huwelik, werks- en persoonlike verhoudings "uitbrand". Jy is dalk die rede waarom mense om jou se gesondheid daaronder lei. Jy is dalk die rede waarom kollegas uitbrand en jou besigheid besig om ten gronde te gaan.
In die Herontdek( jouself), Hervul (jou energietenk) en Triomfeer (oor alle uitdagings in jou lewe) kursus gaan jy die praktiese gereedskap kry om vir die res van jou lewe stres te bemeester en ‘n sinvolle en produktiewe lewe te lei.
Onhou as jy "o-kei" is, is ander mense ook "o-kei" . As hulle nie is nie is jy baie keer die rede daarvoor veral as jy die houding het van "ek glo nie aan uitbranding nie".
Wil jy graag:
•✨ Beter Presteer , en meer Energie hê?
✨ jou Stress, Woede en Angs beter hanteer?
✨ jou Kreatiwiteit Verbeter om beter te word in wat jy doen?
✨Uitbranding Voorkom en 'n meer Gebalanseerde lewe Leef?
✨ jou Verhoudings Versterk - Persoonlik sowel as Professioneel?
✨ jou Persoonlike Welstand Verbeter, Jonger Voel, Beter Lyk en die Lewe meer Geniet?
Registreer nou vir jou 7-weke Herontdek(jouself), Hervul(jou energietenk) en Triomfeer (oor enige uitdaging) kursus wat jy in Afrikaans, op jou Eie Tyd, waar jy wil, kan doen sonder om ‘n sielkundige, berader of lewensafrigter te sien wat in jou verlede rondkrap nie.
Wat kry jy in hierdie kursus?
1. 'n Realiteitstoets wat jou energie, prestasievermoë en uitbrandingstemperatuur meet en 'n persoonlike verslag na jou e-posadres stuur.
2. Inligtingsvideo's wat jy elke dag vir die volgende 7 weke in jou eie tyd op jou foon of rekanaar kan kyk.
3. 'n joernaal of werkboek opgedeel in 7 hoofstukke wat jy vir die res van jou lewe prakties kan gebruik.
4. 'n Gratis e-book en lewensenergieplan wat die moontlikheid van uitbranding finaal die nekslag toe dien.
5. 'n Ondersteuningsgroep (community) waar jy jou vrae en ervaringe mee kan deel
6. Sewende "Bonus sessie" - die geheime bestandeel wat jou drome waar maak
7. 12 gratis afrigting sessies versprei oor die volgende 12 maande wat jy enigetyd wanneer jy dit nodig het kan boek op my kalender.
NB: Jy word dus toegerus met die nodige gereedskap om vir die res van jou lewe Stres effektief te Bemeester.
Waarde: R12995-00
Voel jy gereeld ...
•Gefrustreerd, Kwaad, Moedeloos, Paniekerig, Gespanne, altyd op die Verdediging, Angstig of Bang?
•Sukkel jy met Emosionele Eet of probeer jy die Verlies van 'n Geliefde, jou Werk of enigiets anders Hanteer?
Hierdie emosies dra dikwels by tot Stres, wat ons Energie Uitput en dit laat ons Vasgevang voel in ons Omstandighede.
Die goeie nuus is dat jy nie Alleen is nie maar dat ons almal deur hierdie emosies gaan.
Die beste nuus is egter dat jy in hierdie kursus toegerus gaan word om hierdie Negatiwe Emosies Effektief te Hanteer sodat dit jou nie eventueel depresief en siek sal maak nie.
Het jy geweet dat ons glad nie Outomaties Toegerus is om die Hedendaagse Stres te Hanteer nie? – kyk na hierdie kort video dan sal jy verstaan wat ek bedoel 👉🏼
Registreer nou vir jou 7-weke Herontdek, Herleef en Triomfeer kursus wat jy in Afrikaans, op jou eie tyd, kan doen om beheer oor jou emosies te neem.
👇🏼
Die lewe is lekker maar dit is nie net 'n “stappie in die parkie” nie. Vir baie mense het die lewe meer pyn as plesier geword. Soos wat die lewe aangaan het ons eens wonderlike drome en aspirasies dalk ook oor tyd vervaag, en het die uitdagings van die lewe net te veel geword.
Na baie jare se Ervaring, Studies en Navorsing het ek agtergekom dat “Stres of Spanning” die meeste van ons Energie Dreineer.
Sonder Energie kan ons nie presteer nie en raak baie dinge net te veel vir ons.

Ek het gevind dat baie belowende entrepreneurs hulle doel in die lewe mis omdat hulle net ‘n goeie besigheidsplan het maar hulle vergeet van ‘n “Lewensenergie plan.”
Jou lewe is ‘n maraton van sewentig, tagtig jaar en selfs meer. Die doel is om in jou gevorderde jare steeds ‘n goeie kwaliteit lewe te lei. Sonder ‘n Lewensenergie Plan brand mense halfpad deur die lewe uit.
Gou geniet hulle nie meer die lewe nie want die lewe word net vinniger en vinniger wat ons dryf na meer kennis, meer produkte en maniere om gouer en meer geld te maak. Dit is nie noodwendig ‘n probleem nie maar as dit ten koste van jou algemene Lewenskwaliteit is, is dit nie die moeite werd nie.
Met ‘n Lewensenergieplan is dit moontlik om die Maraton van die Lewe Suksesvol te Voltooi.

Begin jou Verhoudings stelselmatig Verkrummel?
Is jy Net te Moeg en Energieloos om aan die Belangrikste Mense in jou Lewe Aandag te Gee?

Stel jou 'n lewe voor waar jy genoeg Energie het om Kalm en Selfversekerd te voel, Positief en Sinvol te Kommunikeer, jou Kinders te Inspireer en 'n voorbeeld van Energie en Positiwiteit te wees, maak nie saak wat op jou pad kom nie.
Ons 7-weke Transformasie Kursus is ontwerp om jou Prestasievermoë en Lewenskwaliteit op alle gebiede te verbeter

In die “Herontdek (jou Sin en Betekenis), Hervul (jou Energietenk) en Triomfeer (oor die Uitdagings van die Lewe)” kursus bied ons juis ‘n praktiese wenresep aan wat letterlik jou Lewenskwaliteit Eksponensieel gaan Verbeter.
Registreer nou vir die beste belegging in jou lewe !
My naam is:
Wilhelm Lombard
ek is ‘n "Lewens Energie en Top Prestasie Strateeg"
wat mense soos jy, help om
Persoonlik, Interpersoonlik en Professioneel op hulle beste te presteer.

Alhoewel ek reeds ‘n paar jaar oor die aftree ouderdom is, het ek nog steeds meer as genoeg energie om “op te tree!”
Miskien is jy nog jonk en jy weet nie wat die lewe vir jou gaan inhou nie, maar ek het die voorreg om terug te kyk oor ‘n Leeftyd van Ervaring, Kinders groot maak, baie uitdagings en tye waar ek ook op die Randjie van Uitbranding was.
Veral die tyd toe my vrou na amper 32 jaar se getroude lewe, aan kanker oorlede is.
My kinders wat toe darem almal deur die skool was, vandag self kinders het, dink steeds die wêreld van my
(en ek sê dit geensins om my eie beul te blaas nie maar om ‘n belangrike konsep te deel).
Die heel beste prys wat jy kan behaal is dat jou kinders dink jy is “smart”, want hulle ken jou die beste.
Vraag:
Wat sal jou Kinders, Vriende of Familie van jou sê as jy sestig is?
en die 2de beste prys is: As jy nog fiks en gesond genoeg is om eendag met jou kleinkinders te speel en hulle te geniet.
Vraag:
As jy Aangaan soos jy Nou Aangaan sal jy nog die Krag en Energie hê om met jou Kleinkinders te Speel en om die Lewe oor 60 te Geniet?
Om dit reg te kry het jy ‘n Lewensenergie-plan nodig om jou daar te kry.
Die plan wat ek aan jou voorstel is wat ek self oor die jare in my eie lewe toegepas en beproef het.
Dit Werk Verseker!
Die eerste tekens van uitbranding sien ons in ons Verhoudings(huwelike) wat Verbrokkel, mense se Gesondheid kry ‘n ernstige knou, hulle raak Oorgewig, kry Bloeddruk probleme en ander Skete en voor jy jou kom kry, leef jy op pille...


Volgens die Heart and Stroke Foundation of South-Africa gaan daar meer as 13,000 mense per maand aan hartverwante siektes in
Suid-Afrika dood om nie eers te praat van ander gevreesde siektes wat deur stres veroorsaak word nie.
Die goeie nuus is dat 80% van hierdie siektes voorkom kan word as mense weet hoe om “stres” te bemeester.
In die Herontdek (jou sin en betekenis), Hervul (jou energie tenk) en Triomfeer (oor die uitdagings van die lewe) kursus bied ons juis ‘n praktiese wenresep aan wat letterlik jou lewenskwaliteit eksponensieel gaan verbeter. Of jy nou 13 of 93 is hierdie kursus is vir almal wat graag meer energie wil hê, beter wil presteer op skool, in sport, in jou werk, ‘n beter man of vrou in jou huwelik wil wees, ‘n beter ouer vir jou kinders, ‘n goeie besigheidseienaar of werker wil wees, of net die lewe wil geniet.
Herontdek, Herleef & Triomfeer
in 6 Transformerende weke
met Nuwe
Lewens Energie Intelligensie
En die beste van alles! Dit is in Afrikaans. Jy doen dit oor 6 weke in jou eie tyd en jy hoef geen sielkundige, berader of iemand te gaan sien wat in jou verlede rondkrap nie.
Al wat jy doen is om te registreer en oor die volgende 6 weke gaan jy elke week ‘n video ontvang. In hierdie video sessies kry jy alles wat nodig is om die wetenskap agter stres en lewens-energie beter te verstaan.
Jy gaan toegerus word met tegnieke om stres effektief te bemeester en jou energie te verhoog sodat jy op alle gebiede beter kan presteer.
Onthou jou lewe is jou eie verantwoordelikheid!
Die vraag is:
Wat gaan jy daaromtrent doen?
Neem dus nou aksie!
Belê in jou eie lewe sodat stres, angs, woede of ‘n swak selfbeeld nooit weer jou lewe dikteer nie.
Beperkte aanbod!!!
Jy het niks om te verloor nie.
Vir slegs R3,999kry jy alles wat jy nodig het om baie
beter te presteer in alle fasette van jou lewe
(vir die res van jou lewe).
Normale prys = R12,995
Met ons 30-dae geld-terug waarborg het jy letterlik niks om te verloor nie.
Neem vandag aksie en spaar 'n ongelooflike R8,996 !
En kyk net wat kry jy alles!!
1. 'n Realiteitstoets wat jou energie, prestasievermoë en uitbrandingstemperatuur meet en 'n persoonlike verslag na jou epos adres stuur.
2. Inligtingsvideo's wat jy elke dag vir die volgende 6 weke in jou eie tyd op jou foon kan kyk.
3. 'n joernaal of werkboek opgedeel in 7 hoofstukke wat jy vir di eres van jou lewe prakties kan gebruik.
4. 'n Gratis e-book en lewensenergieplan wat die moontlikheid van uitbranding finaal die nekslag toe dien.
5. 'n Ondersteuningsgroep (community) waar jy jou vrae en ervaringe mee kan deel
6. 7de Bonus sessie - die geheime bestandeel wat jou drome waar maak
7. 12 maande gratis coaching enigetyd wanneer jy dit nodig het.
Wat om in die kursus te verwag?


Sessie 1
Die Saamgestelde Effek van Stres en Hoe om Onmiddellike Verligting te kry
Sessie 2
Die “Geheime kode” om you Prestasie 10 x te Verbeter
Sessie 3
Hart Intelligensie die mees gesofistikeerde Beheerstelsel



Sessie 4
5 stappe om Bekommernisse te Hanteer en Lekker te Slaap
Sessie 5
Kommunikasie Energie die Sleutel tot alle Sukses
Sessie 6
Hoe om jou Energietenks te vul en die Droom van 'n Gebalanseerde lewe 'n Werkliheid te maak.
Lewens-energie is alles!
Daarsonder kan jy nie Presteer nie.
Hetsy dit as sportman/vrou is, as boer, besigheidseienaar of beampte by die werk, gade vir jou man of vrou, take by die huis, tydens kommunikasie of probleemoplossing of net die alledaagse uitdagings van die lewe, is.
Toets nou jou vlak van Lewensenergie en bepaal jou Prestasievermoë
(Performance-ability)
Klik op die skakel
en
voltooi die kort 3 – 4 minute vraelys om onmiddellike resultate te kry.

Registreer nou vir jou sessies
Miskien na jy die uitslae van die vraelys gekry het is jy nog nie oortuig om vir die kursus te registreer nie, en dit is ook reg. Ek stem saam dat mens moet sekermaak, daar is so baie goed wat glad nie werk nie.
Kyk gerus nou na hierdie video -->
om te sien waar jy jouself op die uitbrandingskaal bevind.
Uitbranding is nie ‘n Opsie maar dit is ‘n Realiteit.
Kan jy met hierdie stadiums van uitbranding identifiseer?
Indien wel, hoop ek van harte dat jy nog nie te naby aan uitbranding is nie, want dit word net moeiliker om terug te kom na normaal.
Gee nie om waar jy jou op die skaal bevind nie. As jy nie in die “comfort zone” is nie, is hierdie ‘n BAIE Groot Noodsaaklikheid vir jou.
Stres en die uitdagings van die lewe word net nooit minder nie.

Miskien dink jy nog steeds dat die R3,999 investering in jouself, te veel is. Dalk moet jy net dink wat dit jou sal kos as jy dit nie doen nie.
Om dokter toe te gaan vir net ‘n verkoue kos jou maklik oor ‘n R1000 met medisyne om nie eerst te praat van 'n beroerte of 'n hartaanval nie of die verlies aan inkomste as jy uitbrand nie!
Aanhoudende Stress verlaag jou Immuniteit wat Siektetoestande tot gevolg het.
Die vraag is:
As jy aangaan soos wat jy nou aangaan, waar gaan jy oor ses of twaalf maande van nou af wees?
As jy nie 100% seker is dat dit baie beter met jou sal gaan nie, wil ek jou vra om nie langer uit te stel nie.
Hierdie kursus gaan jou help om Stres Effektief te Bemeester en weer die Balans in jou lewe terug te kry.
Klik nou die registrasie knoppie en neem Verantwoordelikheid vir Jou Eie Lewe.
Onthou, die 30-dae geld-terug waarborg verseker dat jy absoluut niks het om te verloor nie.

Empower Yourself:
Embrace Personal Development for a Life of Abundance and Fulfillment!
Getuienisse
Boer Frikkie -
"Ek was aanvanklik skepties maar ek is so bly ek het met hierdie kursus begin. As Boer is daar baie omstandighede wat mens negatief beïnvloed en voor jy jouself kan kry voel jy moedeloos. Hierdie kursus gee my die gereedskap om feitlik enige uitdaging wat die lewe na my kant toe gooi, te hanteer. Ek voel ek is besig om myself weer te vind en stelselmatig beheer oor my lewe te kry. Ek praat anders met my vrou en kinders en ek is baie meer rustiger oor goed. Ek sal enige boer aanbeveel om hierdie belegging in jou en jou gesin se lewe te maak."
Yolanda -
"Die hart intilligensie het my verbaas! Kommunikasie tussen hart en brein!!! Super belangrike inligting.
Positiewe emosies skep fisiologiese voordele in liggaam! Iemand behoort dit van die dakke af te skree!
Hoeveel ongelooflike potensiaal is in daardie sin opgesluit!
Ons moet dit vir ons kinders leer!"
Pieter –
"Ek het al baie selfontwikkeling kursusse gedoen maar ek moet sê hierdie is regtig ‘n besonderse kursus wat alles wat eintlik saakmaak in een kursus saamvat.
En die feit dat dit in Afrikaans is maak dit net nog beter.
Ek kan die kursus vir elke entrepreneur aanbeveel wat graag ‘n sukses van sy of haar lewe wil maak."
<-- Luister na 'n boer se getuienis
Kyk gerus nou na Deel 1 van Sessie 1 hieronder.
Dit sal jou 'n goeie idee gee van wat om te verwag in hierdie kursus.
Indien jy nog vrae het kan jy vir my 'n whatsapp stuur na 0827747471
REGISTREER NOU MET VRYMOEDIGHEID VIR HIERDIE LEWENSVERANDERENDE KURSUS voor hierdie baie spesiale prys nie meer geldig is nie.